Search for your favourite author or book

Stella se dogters

ISBN 
9781776380138
Format 
Epub
Recommended Price 
R270.00
Published 
April 2022
About the book: 
Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters – en hulle het probleme.
 
Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie.
 
Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so ’n verstandige man aan haar sy het.
 
Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.
 
Die drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, ’n plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal, ’n chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer.
 
Al drie Stella se dogters ly tot ’n mate aan ontkenning, ontkenning van wat werklik is en van wat hulle regtig wil hê.
Maar die lewe het ’n manier om die erkenning van waarhede af te dwing.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Helene de Kock is ’n welbekende skyrwer wat meer as 40 liefdes-, Christelike- en historiese romans gepubliseer het. Sy het ’n doktorsgraad in kreatiewe skryfwerk en dien op die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds, gee klas in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van die Noord-Wes se atkv-Skryfskool, resenseer kontremporêre en populêre vrouefiksie vir die media en doen steeds ook joernalistieke werk. Sy is bekend daarvoor dat haar werk die milieu en tydsgees besonder akkuraat vasvang. Sy skryf graag oor die liefde, maar lê veral klem op die werklikheid en die eise wat die lewe aan verhoudings stel.

Others also viewed

A fictionalised account of what it was like to be an active member in the ANC in the early 60s.
Sasol First Field Guide to Mushrooms of Southern Africa  has been redesigned and fully...
Ek her gisteraand 'n verskriklike nagmerrie gehad. Ek het in koue sweet wakker geword en gebewe...