Search for your favourite author or book

Woord Vir Woord: 'n Lewensreis

ISBN 
9780143529019
Format 
Epub
Recommended Price 
R220.00
Published 
September 2012
About the book: 

Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos die van Johan Stemmet, en min kenwysies so sinoniem met naweekaand-vermaak as die vrolike Noot vir Noot-klingel. Dat Johan Stemmet al vir meer as dertig jaar ononderbroke by televisie betrokke is, voor en agter die skerms, mag dalk sommige verras (hy lyk dan nie 'n dag ouer as dertig nie?) - maar nog interessanter is die doodgewone aardsheid en opregte menswees wat die toonaard bepaal vir die gebore Weskusklong se lewenslied. Woord vir Woord is 'n reis deur Johan se lewe: 'n kleurvolle concerto met 'n goeie sarsie dawerende akkoorde (geweet dat Johan as student vir Paul Getty II partytjiemusiek verskaf het? Of die een was wat gesorg het vir Tolla van der Merwe se eerste televisieverskyning?) en onverwagse vingerlopies (hy't Afrikaans gegee by Rondebosch Boys High - en dink self sy onderbaadjies op televisie lyk verspot!). Of jy nou 'n getroue aanhanger is, of eerder grappenderwys dink 'Kyk hoe kyk hy vir my!' - Woord vir Woord is meer as bloot die vertel van 'n fassinerende lewe.
Dis ook die verhaal van die ontvouing van die Suid-Afrikaanse televisiebedryf en 'n sout-van-die-aarde-storie wat nie anders kan as om wyd te resoneer en te boei nie!

Others also viewed

Discover the enchanting tales of the Kwasuka Sukela series, where timeless stories of love and...
A magical coming-of-age tale in rural Zimbabwe   Ah, you’ve arrived. Sit down,...
Sasol First Field Guide to Frogs of Southern Africa  is a fascinating guide to the...
In die vernuwende strokiesboek  Kaptein Pipskwiek  moet die bleeksiel Danie skielik...