Search for your favourite author or book

Lugkasteel

ISBN 
9781770229303
Format 
Epub
Recommended Price 
R195.00
Published 
November 2016
About the book: 
In Sabbatsreis  vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder.
 
Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop.
 
Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek.
 
Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.
 
Soms. Soms nie.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Annelie Botes is based in the Eastern Cape and writes in both English and Afrikaans. She is the author of a number of works, some of which have been translated into foreign languages. Riddle Child was published in August 2003, and the Afrikaans version of Riddle Child, Raaiselkind, has been prescribed as a setwork at schools in the Western Cape. 

Others also viewed

Buckle up for a tour of South Africa – your guide the inimitable Sihle Khumalo. Born in...
In the city of Enugu in the 1970s, young Nwabulu dreams of becoming a typist as she endures her...
In this fully revised edition of A Guide to Dragonfl ies & Damselfl ies of South Africa,...
A story that details the effects of the infamous Mau Mau war, the African nationalist revolt...