Search for your favourite author or book

Katelknaap

ISBN 
9781485903741
Format 
Epub
Recommended Price 
R185.00
Published 
February 2018
About the book: 
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel  verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.
 
Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.
 
Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Leon van Nierop is ’n geliefde skrywer, omroeper en regisseur. Met sy baanbrekerswerk op verskeie gebiede het hy hom oor die dekades heen as een van ons land se gerekendste storievertellers gevestig.

Others also viewed

More than just a story about the personal journey of one of South Africa’s most beloved music...
On 18 September 2018, the Consti tuti onal Court of South Africa declared it a protected right...
Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir...
Plant-based eating is more than just putting vegetables on your plate. It offers the opportunity...