Search for your favourite author or book

Die Volmaakte Moord

ISBN 
9781776380831
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
August 2025
About the book: 
Moord aan boord van die Leonardo
 
Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar.
 
Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweer- staanbaar raak.
 
Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.”
 
Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?
Other titles by this author 
About the Author

Leon van Nierop is ’n geliefde skrywer, omroeper en regisseur. Met sy baanbrekerswerk op verskeie gebiede het hy hom oor die dekades heen as een van ons land se gerekendste storievertellers gevestig.

Others also viewed

How did a teenage refugee from communist Poland become one of the richest women in South Africa...
Detective Michael Bennett's enemies know where to find him.   An anonymous tip about...
An exquisite new novel by the Pulitzer Prize-winning, Number One New York Times bestselling...
 An Irreverent History of Corruption in South Africa, from the VOC to the ANC   If...