Search for your favourite author or book

Donker vuur

ISBN 
9781776380954
Format 
Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
May 2025
About the book: 
Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie ...
 
Daar is landswyd onrus en die regering dreig om vryheid van geloof in te perk. Op ’n dag klop die plaaslike mafia aan die kerk se deur op soek na betaling in ruil vir  “beskerming”.  Wanneer priester Arkadi weier om afgepers te word, plaas hy sy lewe op die spel.
 
Intussen is die skone Olja uitgelewer aan ongure karakters op Kiëf se koue, ongenaakbare strate. Wanneer André tydens ’n aanval tot Olja se redding kom, bevind hy hom nie net midde-in ’n liefdesdriehoek nie, maar ook verstrengel in ’n oorlog tussen die kerk en die misdaadsindikaat.
 
Donker vuur,  Pieter Stoffberg se vierde roman, neem die leser op ’n ysingwekkende tuimeltrein na ’n tyd van misdadigers en heiliges, antieke boekrolle en vreesaanjaende, moderne wapens.
Other titles by this author 
About the Author

Pieter Stoffberg  is ’n prokureur en skrywer van Ermelo. Sy kortverhaalbundel  Die hart van ’n hond  is met die Eugène Marais-prys bekroon.  Donker vuur  is sy vierde roman.

Others also viewed

In November 2019, Deon Wiggett’s sensational weekly podcasts held South Africa in thrall as...
Brothers Carl and Roy Opgard have succeeded in life. Or at least they’ve had as much...
The New York Times  bestseller that reveals how investors can prepare for the next financial...
So Close  is the first book in the Blacklist series, with Sylvia Day's trademark...