Search for your favourite author or book

Vier Susters

ISBN 
9781485904700
Format 
Paperback
Recommended Price 
R340.00
Published 
May 2021
About the book: 
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.
 
Ivy, die jongste, wil ’n onbevange lewe hê, ’n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.
Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af.
 
Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens.
 
Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.
 
Waar Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf.
 
Gerda Taljaard se Vier susters  is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.
Other titles by this author 
About the Author

Gerda Taljaard is die skrywer van die romans ’n Engel in die hoenderhok, Kelder, Die laksman se dogter en Vier susters.  Die laksman se dogter  is met die kykNET-Rapport-filmprys vereer.  Vier susters  is bekroon met die kykNET-Rapport-fiksieprys en die ATKV-Woordveertjie vir prosa. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria.

Photograph © Joanne Olivier

Others also viewed

Reacher had no idea where he was. No idea how he had got there. But someone must have brought him...
Ayobami Adebayo, the Women's Prize shortlisted author of Stay With Me, unveils a dazzling...
Too many South Africans are excluded from the benefits of the international marketplace. This...
Land reform and the possibility of expropriation without compensation are among the most hotly...