Search for your favourite author or book

Veldgids tot Bome van Suider-Afrika

ISBN 
9781770079120
Format 
Paperback
Recommended Price 
R630.00
Published 
August 2013
About the book: 
Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.
 
Suider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika  beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.

Others also viewed

In spite of Cyril Ramaphosa’s ‘new dawn’, there are powerful forces in the...
Zambia and Malawi are home to 240 known snake, lizard, terrapin, tortoise and crocodile species....
Sasol First Field Guide to Aloes of Southern Africa provides fascinating insight into the aloes...
This is a collection of 101 jaw-dropping stories, as told by the very people who experienced them...