“Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.”
	
	Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak.
	
	Hulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling.
	
	Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet.
	
	Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.
Valsrivier
ISBN 
    9781415205433
      Format 
    Epdf
      Recommended Price 
    R215.00
      Published 
    August 2013
      About the book: 
    Buy Now: 
    
Listing 
    









