Search for your favourite author or book

Strafjaart

ISBN 
9781485903888
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R290.00
Published 
March 2019
About the book: 
’n Foonoproep uit Pollsmoor laat ’n navorser se lewe kantel. Só na aan hom was die vrou wat bel dat hy algaande die biblioteek, waar hy die eerste skepe aan die Kaap bestudeer, vir dié tronk se waglokaal verruil. 
 
Gou kom hy agter dat dié plek is nie altyd so strak soos sy tralies nie: daar is ’n eertydse skipper wat hier vetkoek verkoop; ’n vrouebewaarder met jazz in haar stem; selfs karaoke-aande in die skaduwee van die lemmetjiesdraad. 
 
Dieper en dieper word hy ingetrek by die lewens van diegene wat wag om ín- of uítgelaat te word. Net toe hy dink hy kan met sekerheid sê wie aan watter kant van die hoë mure staan, moet hy begryp dat verdriet bodemloos is.
 
In Theo Kemp se Strafjaart  vervloei die strominge van ’n lewe met dié van die Suid-Afrikaanse werklikheid, waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.
 
KLIEK HIER  om die uittreksel te lees. 
Other titles by this author 

Others also viewed

When Eddy discovers a bedraggled cat in his front garden, his rubbish weekend turns into an alien...
A groundbreaking examination of a terrifying murder and its aftermath by the bestselling author...
Master storyteller Philip Pullman continues the incredible journey of Lyra Silvertongue in the...
Reeds as ’n dogtertjie in Kenia leer Hannli die pyn van verlies ken. Ná die MauMau-...