Search for your favourite author or book

Steve Hofmeyr 50

ISBN 
9781770227507
Format 
Epub
Recommended Price 
R90.00
Published 
November 2014
About the book: 
’n Fotografi ese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se superster. Steve Hofmeyr is een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n geweldige aantal toegewyde bewonderaars.
 
Die boek bevat foto’s uit Steve se jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter elke manEgoli  en 7de Laan.  Dit volg sy loopbaan as ’n musikant, met staaltjies oor elk van sy albums en foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat ’n magdom foto’s met byskrifte wat Steve self geskryf het.
 
Hierdie boek word uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die musiekbedryf vier, en is ’n moet-hê vir al sy bewonderaars.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.
 
As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man  en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Others also viewed

A hundred and twenty years ago, seven thousand Zulu mineworkers walked from the gold mines in...
In late 1996, South Africa’s Constitution acquired the force of law. Its Bill of Rights...
Southern Africa boasts a rich variety of tree species, both indigenous and exotic. Pocket...