Search for your favourite author or book

Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand

ISBN 
9781776092741
Format 
Epub
Recommended Price 
R215.00
Published 
June 2018
About the book: 
Lê hy dood iewers in ’n mynskag? Of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Dié vrae hang in die lug nadat Ralph Haynes, die “mafiabaas” van die Wes-Rand, op 21 Januarie 2011 spoorloos verdwyn het. Nadat hy op daardie dag in ’n helikopter geklim het, is hy nooit weer gesien nie.
 
Haynes se vriende, wat berugte karakters soos Ferdi Barnard en Corrie Goosen insluit, onthou hom as ’n vrygewige Robin Hood wat armes van groente en geld voorsien het. Sy slagoffers, daarenteen, onthou hom as die meedoënlose skelm wat hulle uit groot bedrae geld en besittings geswendel het. Vandag wonder sy eksvrou wat met haar sal gebeur as Haynes onverwags sy opwagting sou maak.
 
Joernalis Izak du Plessis stel ondersoek in na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese grootkop van die onderwêreld.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Izak du Plessis is ’n radiojoernalis en aanbieder by RSG se nuusprogramme Monitor  en Spektrum .
 
In 2015 het hy ’n ATKV Mediaveertjie vir ’n reeks oor plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat gewen, en in 2016 is hy aangewys as die Vodacom Nasionale Joernalis van die Jaar vir radiobydraes. Van sy gedigte is opgeneem in Nuwe stemme 5 .

Others also viewed

Johannesburg: Egoli to some, Jozi to others. Once a mining town, now the most important commercial...
Louise Westerhout delights in cooking for herself, her son, her family and friends, and seeing the...
“Dis die langste wat ek nóg moes raai oor wie die moordenaar is, net om heeltemal...
In Blues for the White Man,  Fred de Vries looks for answers in America’s Deep South,...