Search for your favourite author or book

Jagter

ISBN 
9781415210468
Format 
Epub
Recommended Price 
R255.00
Published 
February 2019
About the book: 
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan
 
Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme. 
 
Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.
 
In Jagter,  haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die Gebrokenes (wenner van die Jan Rabie Rapportprys), Vuilspel, Slaafs, Jagter, Lokval en Grietjie se Loutering. Sy het etlike jare as prokureur gepraktiseer en woon en werk in die Overberg.

 

Others also viewed

Toe Eugène Marais deurtrek van malaria en morfien by ’n vreemde plaashuis in die...
Democracy in South Africa turns twenty on 27 April 2014. In A Rumour of Spring, Max du Preez...
‘The boundaries of Johannesburg are drifting away, sliding over pristine ridges and valleys...
Who needs to study for an MBA when you have this book? The five-minute MBA  is a...