Search for your favourite author or book

Insektopedie

ISBN 
9781775842248
Format 
Paperback
Recommended Price 
R370.00
Published 
March 2017
About the book: 
Insektopedie  lê die betowering en ryke verskeidenheid van die wêreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. 
 
’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. 
 
Die boek sluit af met ’n 60-bladsy geïllustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s.
Other titles by this author 

Others also viewed

From the Pulitzer prize-winning author of  My Name is Lucy Barton   In March...
“Dis die langste wat ek nóg moes raai oor wie die moordenaar is, net om heeltemal...
Buckle up for a tour of South Africa – your guide the inimitable Sihle Khumalo. Born in...
Elle Evans seems to have finally tamed hotter-than-hot bad boy Noah Flynn, but now they're...