ISBN 
    9781775846802
      Format 
    Paperback
      Recommended Price 
    R380.00
      Published 
    May 2019
      About the book: 
    
		’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie.
	
		Dié boek se titel sê dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele:
	- Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie.
- Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak.
		Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer.
	Also available in English as  How to Identify Trees in Southern Africa .





