Search for your favourite author or book

Die derde spoel

ISBN 
9781415207475
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
May 2017
About the book: 
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.
 
In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ’n soektog wat ’n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.
 
Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.
 
Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel , waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.
 
Also available in English as The Third Reel.
Other titles by this author 

Others also viewed

The number one bestselling author returns with an irresistible new standalone about the perils of...
A Thousand Tales of Johannesburg  is Harry Kalmer’s spellbinding ode to Johannesburg and...
Kwaai Uil se lewe is uitstekend – so wonderlik dat hy besluit om by die pragtige voë...
Millions of Amor Towles fans are in for a treat as he shares some of his shorter fiction: six...