Search for your favourite author or book

Die Dag Van die Lord

ISBN 
9781415207420
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R240.00
Published 
July 2015
About the book: 
Lord Kitchener se Anglo-Boereoorlog het Andries Fourie se lewe verbrysel: hy was tien toe hy moes toekyk hoe die Kakies sy pa se pastorie afbrand en sy kleinboet om die lewe bring. Hierna het die konsentrasiekampe by Standerton en op Ceylon die lot van sy sussie en sy ouers bepaal.
 
Jare ná die Boereoorlog en aan die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog het Andries vir Kitchener in sy visier. Andries is nou ’n jong regsgeleerde in Londen. In ’n wêreld van spioene en verskuilde agendas ontvou sy wraakplan wat hy geheim hou vir Jenny, die jong Skotse vrou op wie hy verlief raak.
 
Van die verbrande aarde by Bethal en Irene tot in Duitsland, die sensorkantore in Whitehall en Windermere ontknoop ’n verhaal deels gebaseer op ware gebeure wat die geskiedenis onherroeplik kon verander het.
Other titles by this author 
About the Author

Johan Kruger se mees onlangse roman, Die dag van die Lord, het in 2015 by Umuzi verskyn. Hy is die skrywer van vier jeugromans, ’n speurroman, twee historiese romans en verskeie kortverhale.

Sy roman Die vloek is in 2012 vir ’n ATKV-woordveertjie benoem. In sy vrye tyd vermaak hy sy kleinkinders met kulkunsies.

Others also viewed

Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana...
From a carcass competition in the Karoo to a shambolic murder trial in Cape Town, William Dicey...
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in...
Five lovely ex-girlfriends; one sweet-talking scoundrel.   When Clarissa shook Scout...