Search for your favourite author or book

Adder

ISBN 
9781485903116
Format 
Epub
Recommended Price 
R270.00
Published 
December 2016
About the book: 
Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun. Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het, vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega.
 
Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare - en ontoelaatbare - gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los. Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke...
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Christelle Wessels is op De Aar gebore en is tans die redakteur van een van die oudste gemeenskapskoerante in die land – die Stellalander. Sy woon in Vryburg in Noordwes. In 2004 ontvang sy die Sanlam Gemeenskapsperstoekenning vir Joernalis van die Jaar: Menslike Nuus. Adder is haar debuut.
 

Photograph credit: Andi van Aswegen.

Others also viewed

What do you need to do to retire in comfort?  What are the right choices to make before and...
The Kruger National Park in Southern Africa boasts a huge variety of mammals, ranging from bats...
A conceptual art project goes dangerously wrong...   Where is Sophie?  ...
The dazzling story of a Nigerian family.   The house at the end of Freetown Street in...